Phone:

+27 (0)21 949 5555

Location:

15 Farad Street Stikland

Phone:

+27 (0)21 949 5555

Location:

15 Farad Street Stikland

Vergelyk prys en waarde vir geld wanneer vir geld wanneer jy wendyhuis wil koop

ARTIKEL UIT LEEFSTYL DONDERDAG 18 MAART 2021

Timbacore streef om al hulle kliënte te voorsien van gehalteprodukte wat waarde vir geld bied. Jy kan kies of jy wil hê hulle moet vir jou ‘n wendyhuis vervaardig en installeer en of jy net wil hê hulle moet dit maak sodat jy dit self kan installeer.

Nog ‘n keuse is om die huisie self te bou met gehalte-houtvoorraad en -produkte uit hul winkel.

Doen jou huiswerk goed vooraf en moenie net iets oor die telefoon bestel nie. Timbacore glo jy moet iets eers sien voordat jy dit kan koop, want jy gaan nie noodwending enige probleme raaksien tot dit te laat is nie.

Aangesien daar geen spesifikasies uiteengesit is vir houthutte of wendyhuise, soos dit dikwels genoem word nie, is dit maklik om die kortste end in ‘n kooptransaksie te trek met min of geen toevlug nie.

Daarom deel Timbacore graag wat hulle glo die regte spesifikasies vir ‘n gehalte-houthut behoort te wees, en bowenal, waarvoor hulle reken jy as kliënt voor moet uitkyk.

DAKPLATE

Interior options and quality checks

Jy kry dakplate en dakplate! Daar is ‘n produk op die mark wat heel paslik eenjaar-dakplate genoem word. Dit is 0.3mm dik en hou slegs sowat een jaar. Timbacore hou Colorbond- en Zincalume-plate aan, almal met diktes van 0.47mm.

Hulle het ‘n waarborg van 15 jaar. Hulle is ook gewillig om met ander soorte te werk, maar dit hang natuurlik van die kliënt se voorkeur af.

DAKSTRUKTUUR

Hout behoort met CCA-druk behandel te word tot minstens H2. Timbacore verkies om H3 te gebruik. Vir ‘n tipiese spitsdak word daar byvoorbeeld kaplatte teen sowat 600 cc op dakbalke van 600mm cc gebruik.

HOUTRAME VIR DIE MURE

Weereens behoort die hout met CCA-druk behandel te word tot minstens H2, en weereens verkies Timbacore om H3-behandelde hout te gebruik. Die raam bestaan uit vertikale stuitpenne teen 600 cc met bo- en onderrame.

MUURBEKLEDING

Die muurbekleding kan hout of veselsement (Nutec, ook genoem handiplank of planking 8 x 150mm) wees, maar neem kennis dat dit altyd ‘n regte raam benodig.

Die houtbekleding moet tot H3 (nie H2 nie, want H2 is slegs vir gebruik binne) behandel word en kan geverf of met houtseëllaar bedek word. Timbacore hou ‘n wye reeks houtbekleding aan, onder meer “loglap”, “halflog”, “shiplap”, “flat” en “rustic”-bekleding wat met skietspykers vasgeheg word. Hulle bied Nutec sowel as Shera se “handiplank” wat met vlekvrye-staalskroewe geheg word.

VLOERE

Die 22mm-tong en groefbevloering behoort tot minstens H3-druk behandel te wees en aan vloerbalke geheg word wat nie meer as 600mm uitmekaar is nie. Onthou, Timbacore se dakplate het ‘n 15-jaar waarborg en hul hout het ‘n 20-jaar SABS-goedgekeurde verskafferwaarborg teen verrotting, kewers en dies meer.

Timbacore is wyd in die bedryf en aan Wes-Kaapse huiseienaars bekend vir hulle gehalte, waarde vir geld en uitstekende diens.

Die onderneming doen slegs sake met saagmeule wat hul produkte goedkeur. Langtermynverhoudings met uitgesoekte saagmeule en invoerders beteken dat hulle trots is op die waarborg wat hulle bied.

As die eienaar van Timbacore, hanteer Nathaniel Roberts persoonlik die meerderheid sketse en ontwerpe vir bestellings. Die Timbacore-span is almal hoogs geskoold met hul timmerwerk en kan aanbevelings maak op die soort hout om op ‘n projek te gebruik, die hardeware wat benodig word, die regte gebruik van produkte, byvoorbeeld isolasie en bekleding, asook beperkings op ruimte of met uitdagings met uitleg.

Dit gaan alles oor aandag aan detail, uitstekende diens en die regte produk om gehalte-resultate te verkry.

Timbacore se sukses is ‘n bewys van die maatskappy se verbintenis om sy kliënte eerste te stel en om gehalte, gewaarborgde houtprodukte en projekte te verskaf.

“Praat met ons ervare personeel wat jou met graagte met jou projek sal help, jou geld bespaar en jou help om dit die eerste keer reg te doen,” stel Roberts voor.

Vir meer inligting, besoek hul webwerf of besoek Timbacore se vertoonkamer waar hulle jou met graagte sal help.